NEWSLETTER



DOS & DON'TS

OK, just so we're clear, you used a bike wheel to make a sidecar for your bike so you can carry a tiny, folded-up bike with you when you bike. Is this what happens when Germans take acid or just the world's most elaborate variation of "my girlfriend lives in Canada"? Comments/Enlarge | See all


Here’s an argument for letting your kids do drugs at the earliest age possible. When people get into drugs too late in life they amalgamate all the things the desperate teenage drug addicts who runaway to the big city at 15 do; complete with the old "getting an STD on their first week in the big city from the Polish waiter" chestnut. Comments/Enlarge | See all






RELATED ARTICLES

WHEN MEN WERE AWESOME
Visiting George Washington’s House ...
A CONVERSATION WITH SUSAN CIANCI...
I've always loved how your clothes fit...
I WANT MY DVDS
Movie Reviews - The Iraq Issue
NOTHING TO DO
On the Dole in Rochdale



FROM THIS ISSUE

DEAR DIARY
Entry: November 1991
SKINEMA
By Chris Nieratko
DIESEL THERAPY
Torturing Prisoners Legally Takes the Bus
VICE FASHION - REFUGEES
Photos by Sophia Evans





KOMBUISTAAL ROCK

Koos Kombuis: Seks,Drugs, En Boeremusiek


Photo by Leon Oosthuizen


Afrikaans was bietjie meer as ‘n eeu gelede bekend as "kombuistaal", ondergeskik aan Engels en Hollands, iets wat gefluister is tussen die oond en die opwasbak. Vandag is dit natuurlik heeltemal anders, maar ons het weer eens ‘n Kombuistaal—by name van die legendariese Koos Kombuis.

Hy het reeds in die vroeë 80's begin naam maak as die skrywer/digter André Letoit, en sy Somer II word as die eerste volwaardige punk-roman in Afrikaans beskou. Na ‘n aantal jare as skrywer het hy die kitaar opgetel en ‘n kasset, Ver van die ou Kalahari (1987), by die destydse Shifty Records opgeneem. Sy eerlike, openhartige lirieke en driftige protes teen die Apartheidsregering was deel van die proses wat gelei het tot die Voëlvry-beweging—‘n waterskeiding in plaaslike musiek waar Afrikaans vir die eerste keer begin gatskop-rock het. Saam met Bernoldus Niemand en Johannes Kerkorrel het hulle kampusse in 1989 op hol gehad, en ‘n nuwe geslag fans is oornag gebore.

In die 90s het hy begin optree en skryf onder die naam Koos Kombuis, en waar hy eers gemarginaliseerd was en meer aanklank by die rebelse jeug gehad het, het sy musiek die breër publiek begin bereik. Songs soos "Lisa se klavier", "Bicycle sonder ‘n slot," "Huisie by die see" en "Johnny is nie dood nie" is so bekend en gewild soos biltong op Nuweland.

Koos het dit beslis nie altyd maklik gehad nie. Lees gerus sy (soms skreeusnaakse) topverkoper outobiografie Seks, Drugs en Boeremusiek om meer van die persoon agter die legende te leer.

Die laaste aantal jare het Koos sy roekelose en boemelaarsbestaan van ouds vaarwel geroep, getrou met sy geliefde Kannetjie en ‘n gesin begin. Hy skryf ook meer deesdae, en sy omstrede boek The Secret Diary of God het met sy verskyning in 2003 vir groot polemiek gesorg onder die meer konserwatiewe lesers.

Hy skryf deesdae gereeld rubrieke vir die Sondagkoerant Rapport en die aanlyntydskrif LitNet (www.litnet.co.za) en het reeds twee rubriekbundels uitgegee. Einde laasjaar het hy ook saam met Valiant Swart die album Jaar in die Son opgeneem, wat heelwat nuwe materiaal bevat.

Koos is Doning, dit kan julle maar glo!

ERNS GRUNDLING

See all articles by this contributor

< PREV

Comments

Anonymous, on Apr 21, 2009 wrote:
afrikaans on vice! hahahahahha
hahahahahahahaha
hahahahahahahah hahahaa

POST A COMMENT [SIGN IN]
Hi, in case you haven't heard, you can now sign up to become a "member" of Viceland.com, which entitles you to all sorts of amazing benefits like pictures and a nickname. Click here to make your own profile. You can still comment if you don't, but you gotta do it all 'nonymously.

Name:
Comment: